Home  |  Nuus  |  Nuwe orrels  |  Restourasie  |  Te koop  |  CD's  |   Bladmuziek   |   Resensies
 


 

 
Nuwe CD

binnenkort beskikbaar

   
Video Gereformeerde Gemeente Colesberg
 


Psalm 84 - Jan Elsenaar

   
Mei 2018

info >

Ons bou n kisorrel vir pastor Johannes uit Wartburg
Die orrel sal as begeleidingsinstrument gebruik word en daar kom n Holtzgedacht 8 op die orrel.
Die pype word gemaak van Cederhout, en die orrel sal verder geheel van Eikehout gemaak word.
Ons maak die klawers ook self, met rooshout-beleg op die ondertoetse en geelhout op die botoetse.
Die winddruk sal 45 mm wees en die orrel is so kompak gebou dat dit maklik vervoer kan word.
Pastor Johannes tree bykans by al ons nuwe projekte op as adviseur en keurmeester.
Dis is vir ons dan ook n voorreg om die orrel vir hom te mag bou.
 
   
Februarie 2018

info >

Ons nuutste projek is 'n nuwe meganiese orrel vir Wittenberg
 

December 2017  
Marinus Elsenaar doen sy opleiding as orrelbouer by sy Pa Jan Elsenaar
   
Prinses-orrel word binnekort opgebou in n residensie in Natal
   
November 2017  
Ons het begin met die bou van n kisorrel vir n orrelis uit Natal
 
Oktober 2017  
Ons het begin met groot herstelwerk en nuwe orrelaansig vir Geref Bloemfontein-Noord

 
Oktober 2016

foto's >

Die Roeleveld orrel uit 1983 gaan verhuis na Natal, Protea Orrelbouers sal hierdie werksaamhede verrig DV 2017
 

 

 

Mei 2016

info >

Ons het begin met die bou van n nuwe meganiese pyporrel vir Natal
 
Februarie 2016  

D.V Vrydag 19 Februarie 19:00   bekendstellings-konsert op nuwe pyporrel Anglicaanse kerk Waterkloof-Pretoria.

Jan Elsenaar demonstreer die nuwe orrel en speel n aantal improvisasies. Almal hartlik welkom!

 

Augustus 2015  
Toekomstige bou van n nuwe meganiese pyporrel vir Natal

 

 
Januarie 2015

info >

Vanaf Januarie 2015 het ons begin bou aan n nuwe meganiese pyporrel vir die Anglikaanse kerk in Pretoria.
   

Webdesign Bert Romijn - Webmaster

www.janelsenaar.com